DOWNLOAD OUR APP

The Castle Community

So kan jy gemeenskapsopheffing doen

Die liefdadigheidsorganisasie, Waterberg Angels, is geïnspireer deur Bernard Groenewald. Deur sy eie oorvloed en seëninge te tel, het Bernard besluit om uit te reik na behoeftige organisasies in sy onmiddellike omgewing.

Hierdie insisiatief is nie aan die dag gelê om sy eie organisasie en naam te bevorder nie, maar eerder om ander te inspireer om soortgelyke óf nuwe inisiatiewe op die been te bring.

Bernard se benadering is dat dit net een mens neem om ‘n verskil in ‘n gemeenskap te maak. Ons is tog op die aarde geplaas om vir mekaar om te gee, mekaar lief te hê en mekaar te help as ons mekaar nodig het.

Volgens die webwerf, www.jw.org, is daar twee geheime wat baie mense nie ken nie.

Die eerste geheim is:
As jy gee, sal ander moontlik vir jou gee. Mense sal sien dat jy vrygewig is en gevolglik sal hulle waarskynlik vrygewig wees teenoor jou.

Die tweede geheim is:
Wanneer jy ander help, help jy jouself, want wanneer jy goeie dinge vir ander doen, verhoog dit jou selfrespek en verskaf dit jou die bevrediging wat dit meebring om te gee.

Die idee is nie om links en regs geld uit te deel nie, maar om hande te vat met ander persone wat hul gawes en talente wil aanwend om ‘n verskil te maak.

By Castle de Wildt gaan haal Bernard-hulle byvoorbeeld gereeld oumense by die plaaslike ouetehuis en neem hulle op wildritte. Vir een bejaarde dame was so ‘n wildrit die eerste keer in vier jaar wat sy uit die ouetehuis gekom het.

Tydens veilings word verskeie organisasies soos KANSA, tehuise vir bejaardes en ander hulpbehoewende organisasies betrek om die kos te voorsien, en besoekers en gaste kan heerlik eet en ‘n donasie na hartsbegeerte gee.

Die hoofsaak is om ‘n behoefte te identifiseer, betrokke te raak en ‘n verskil te maak.

Dis n voorreg om te kan gee!